Tuis Anderland Troues Funksies Dienste FAQ Gallery Kontak ons


Venue

Is tuintroues ‘n moontlikheid?
  Ongelukkig nie. Die saal kompleks is reeds ontwerp sodat die gaste die tuine en natuur kan geniet, wat die risiko van reën en wind uitskakel.
Mag ons die tuine vir fotos gebruik, en by ‘n ander venue as Anderland trou?
  Die tuine is eksklusief vir troues te Anderland.
Watter tyd eindig onthaal en moet perseel verlaat word?
  Die venue sluit om 24h00 en dus moet alle gaste dan die perseel verlaat.
Moet décor dieselfde aand verwyder word?
  Décor kan dieselfde aand verwyder word of anders Maandae maar net nie op Sondae nie. Indien die funkie in die week of op Vrydae is kan die décor dieselfde aand of volgende oggende verwyder word.
Is die venue op Sondae beskikbaar vir troues of funksies?
  Nee, ongelukkig nie.
Het die venue ‘n wittebroodsuite?
  Nee nog nie op die huidige stadium nie, maar in die nabye omgewing is daar wel fasiliteite.
Is daar vir die bruid aantrekfasiliteite?
  Ja daar is ‘n rondawel op die perseel spesifiek daarvoor ingerig. Dit is in die venue se prys ingesluit, sou die bruid nie daarvan gebruik maak nie is dit wel vir die bruidegom beskikbaar.
Is daar vir gaste verblyf op die perseel?
  Tans is daar nog nie verblyf vir gaste beskikbaar nie maar wel genoegsame in die nabye omgewing.
Hoe veilig is die motors op die perseel tydens die funksie?
  ‘n Motorwag is by die huur van die venue ingesluit.


Spyseniers:

Kan ons van eie spyseniers gebruik maak?
  Geen ander spyseniers word toegelaat nie, ons maak uitsluitlik gebruik van Silverspoon.
Laat julle spitbraaie toe?
  Nee, ongelukkig nie.
Is die kelners ingesluit by die spyseniering?
  Ja, met die buffet opsie maar sou dit ‘n aansit spyskaart wees moet daar ekstra kelners teen ekstra koste ingehuur word.
Wat maak ons met kinders?
  Kinders waarvoor daar gedek word betaal dieselfde koste as ander gaste.


Kroeg en verwante Dienste:

Het Anderland ‘n kontantkroeg beskikbaar?
  Ja, ons is gelisensiëer en hou ‘n groot verskeidenheid voorraad van drank en wyne aan.
Mag ons, ons eie wyne bring?
  Ja, maar ‘n kurkfooi sal gehef word.


Blomme:

Mag iemand van buite die blomme doen?
  Verkieslik doen Anderland die blomme.
Hoe werk die begroting vir die blomme?
  Blomme word op ‘n kwotasie basis gedoen, deur middel van ‘n konsultasie waartydens besluit word oor die hoeveelheid, soorte en kleur van blomme wat benodig word.(U begroting word hierby inaggeneem).

 
Design and Hosting by Polar Design Solution